Welkom by episode no. 81, waar ek met nog 'n inspirerende Suid-Afrikaner gesels!
LUISTER op APPLE PODCASTS en SPOTIFY of Kyk op YouTube!
In hierdie episode gesels ek met Jo Black!
Jo is 'n afrikaanse sanger, 'n musikant, 'n televisie persoonlikheid en 'n persoon wat 'n verskil probeer maak in mense se lewens!
Meeste Suid-Afrikaners weet wie Jo Black is, as gevolg van sy musiek, maar hy is soveel meer as net sy musiek.
Jo maak al musiek van 'n jong ouderdom af, maar hy was eers op die ouderdom van 35 raakgesien. Meeste mense sou al teen daai tyd moed opgegee het, maar nie Jo nie!
Jo glo dat hy moes vir die regte oomblik wag en wanneer dit sou arriveer, hy die geleentheid voluit sou aanpak. Dit is weens sy positiewe houding dat hy vandag die reusagtige figuur van "Jo Black" is!
Behalwe vir sy lewe as 'n musikant, toer Jo ook rondom die land en gesels by skole met jong mense, as deel van die "be that guy/be that girl" initiatief. Dit is 'n initiatief wat kinders aanmoedig om deur die lewe te gaan met 'n positiewe houding.
Hierdie was 'n geleentheid van 'n leeftyd om met Jo te kon gesels!
Dankie Jo!
Ek hoop jul geniet hierdie episode!
SUBSCRIBE TOT HIERDIE PODCAST OP APPLE PODCASTS EN YOUTUBE!
Volg ons op:
YouTube: Tafelmaniere Podcast
Instagram: @tafelmaniere_podcast
facebook: https://www.facebook.com/tafelmaniere/
Gesels gerus met my oor onderwerpe, toekomstige gaste en sommer net as jy iemand nodig het.
Dankie aan julle vir al die ondersteuning!
Totsiens!
Fredrick.