Grenslose geselsies met Marisa

Kersfees in twee lande – die ware lig in die vreemde


Listen Later

Dis Kersoggend. In Suid-Afrika word die tafels ná kerk gedek vir ’n tradisionele feesmaal van skaapboud, gebraaide aartappels en heerlike bykosse. Dis lekker warm buite, die kinders swem en hardloop kaalvoet op die gras.

In Kanada word dit eers laat lig. Op die stoep lê die sneeu dik, en binne brand die kaggel sag. Buite is mense wat ysskaats, sneeumanne bou en sleë ry.

Dit is twee uiterste wêrelde...Maar iewers tussenin lê dieselfde verlange.

In dié episode van Grenslose geselsies praat Marisa met Henk Schalekamp – sakeman en spreker, wat vir ons die lig na die ware boodskap van Kersfees skyn. MyHartland - Jou virtuele kultuurtuiste
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Grenslose geselsies met MarisaBy SB Trust