KLETS

KLETS

Download on the App Store

KLETS episodes

  • Krane, Kilo’s, Kakkerlakke en ’n Kat
    Hierdie week se KLETS begin by ’n kraan wat meer bring as net water.

    𝗞𝘆𝗸 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-264-krane-kilos-kakkerlakke-en-n-kat/

    In Tshwane se kant van die wêreld het die riool die watersisteem ontdek, en skielik is “bottled water” nie meer ’n luukse nie. Dis ’n krisis met ’n baie spesifieke reuk.

    Terwyl die res van die wêreld ook nie juis rustig is nie, vra ons die vraag wat niemand by die braai wil vra nie: waar’s jou emergency pack? En wat gaan daarin? Hint: dis meer as twee minute-noedels en ’n gebed.

    Ons kyk ook na die vetste en maarste lande. Ons het gedink ons weet. Ons het nie.

    Ons gunsteling insekte in SA kry ’n oomblik, want nie alles wat kruip is ’n probleem nie. Net die meeste.

    En die eerste Kat van die week maak sy opwagting. Die kat weet nog nie van die roem nie. Die kat gee in elk geval nie om nie.

    Dis riool en relaas.
    Dis emmers en emergency packs.
    Dis kilogramme en kakkerlakke.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    56 min
  • Hy Huil, Ons Betaal
    Colene is karloos in Johannesburg en Matthys kry warm in die studio.

    𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗘𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-263-hy-huil-ons-betaal/

    Die verkiesing is om die draai. Op elke lamppaal hang daar ’n gesig wat jou vertel vir wie om te stem, en almal lyk skielik baie lief vir jou.

    Fekile Mbalula stort ’n traan, soos ’n goeie hofnar betaam, ná die Constitutional Court se uitspraak. Die vraag is net wie se traan dit regtig was.

    Dan die middelklas. Waarheen het hulle verdwyn, en hoe oorleef “hulle” nog? Colene gaan terug na 2000 en gee ons brood, melk en brandstof se pryse. Dan kyk ons wat dieselfde mandjie nou in 2026 uit jou sak jaag. Ja, jy gaan ’n bietjie sit en wens jy was ’n CEO van ’n JSE company.

    En omdat 2026 ook sy eie taal het, kyk ons na die woorde wat die meeste opslae gemaak het.

    Dis plakate en prysetikette.
    Dis trane en tariewe.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr 3 min
  • Wyn, Woorde en Bartho Eksteen
    Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak.

    𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/

    Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die stories en passie wat in elke bottel vasgevang is. Dis die eerste 𝗞𝗟𝗘𝗧𝗦 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝗚𝗹𝗮𝘀..

    𝗡𝗼𝗴 𝗻𝗶𝗲 ‘𝗻 𝗸𝗮𝗮𝗿𝘁𝗷𝗶𝗲 𝗻𝗶𝗲? Gebruik die skakel onder om te bespreek en te betaal. Daar is net ‘n paar sitplekke oor, bespreek nou: https://afrikaans.radio/bartho-eksteen-29-oktober-2026/

    Dis wyn en waarheid.
    Dis passie in ‘n bottel.
    Dis ‘n paar stoele wat nog wag.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    40 min
  • Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder
    𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳.
    Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk.

    Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig te hou as om die mense te beskerm wat hulle betaal. Veiligheid is mos 'n prioriteit. Net nie joune nie.

    Dan skuif ons na die wêreldverhoog. Wit kruise word geplant in die agterplaas van die Withuis, en skielik is moord op 'n klein groep mense in Suid-Afrika op die grootste verhoog ter wêreld. Maar, natuurlik nie sonder 'g groot mate van kritiek nie.

    Die Madlanga-kommissie duur voort. Ons luister, ons knik… en ons wonder of ons werklik reg was om al die "waarheid" te wou hoor.

    Dis AK47's en agterplase.
    Dis ministers en lyfwagte.
    Dis kruise en kommissies.
    Dis die waarheid, of ten minste die weergawe wat ons kon hanteer.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr 2 min
  • Waaksaam, Welvarend en Windgat
    Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel, elke dag. Dit is die werklikheid.

    𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-260-waaksaam-welvarend-en-windgat/

    Johannesburg, Durban en Kaapstad is drie van die tien onveiligste stede op die planeet. Dit kom ook net weke na Vrouemaand, die maand toe GBV in byna elke gesprek gesit het. En toe, amper of dit vir bewyse gewag het, kom die nuus uit Ekurhuleni: die polisie ondersoek nou of nege vrouemoorde die werk van een persoon is.

    Ons het 'n wyle terug met Dr Micki Pistorius gesels oor presies wat 'n reeksmoordenaar definieer, en hierdie week luister ons na 'n gedeelte van daardie gesprek. 𝘓𝘶𝘪𝘴𝘵𝘦𝘳 𝘩𝘪𝘦𝘳 𝘯𝘢 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘰𝘭𝘭𝘦𝘥𝘪𝘨𝘦 𝘦𝘱𝘪𝘴𝘰𝘥𝘦 𝘮𝘦𝘵 𝘿𝙧 𝙈𝙞𝙘𝙠𝙞 𝙋𝙞𝙨𝙩𝙤𝙧𝙞𝙪𝙨 𝘩𝘪𝘦𝘳 - https://afrikaans.radio/klets/micki-vang-moordenaars/

    Maar 'n ander deel van die land presteer ook: Stellenbosch Universiteit het nou vyf lewende miljardêrs en 28 sentimiljoenêrs onder sy alumni, meer as enige ander universiteit in die land.

    Twee ranglyste. Twee soorte Suid-Afrika.

    En al die pad van Doha af, die veiligste stad op aarde, ontmoet ons vir die heel eerste keer ons "Brak van die week".

    Dis vrees en syfers.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    59 min
  • Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?
    Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie.

    𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/

    En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal.

    Verlede week is dit betaal deur SAPS K9 Sky, waar "ons kom nou-nou" haar lewe gekos het. Die ANC se "ons sal dit nou-nou doen" blameer nou die IEC na hul die deadline gemis het.

    En vir 30 jaar word ons, Suid-Afrikaanse burgers, deur die village gevra om verantwoordelikheid te vat, waar "African Time" stilbly en stil staan.

    Dis 'n village vol idiote.
    Dis tyd wat opgehou wag het.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    53 min
  • Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?
    Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans.

    𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/

    Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename in digitale bankmisdaad, en die ANC se nuutste plan om nóg 'n stuk te vat.

    KLETS ontwikkel 'n nuwe kriteria vir staatsamptenare, en as dit ooit in werking tree, is daar dalk hoop. Laat weet ons wat jy dink by die lys moet bygevoeg word. Stuur jou idees na [email protected].

    Dis Bokkoors en diefstal met 'n glimlag.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr
  • Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie
    Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/

    Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie.

    Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n rondte van "Naam, Van, Dier, Dorp". Trump wil Lake Ontario na Lake America doop, en dalk is dit nie 'n slegte idee met Kanada se Dildo, Moose Jaw en Wrong Lake nie.

    En vandag sê ons vaarwel vir Dolly Parton. ’n Stem wat generasies groot gemaak het, nou stil.

    Dis Lake America en This Lake, That Lake, en The Other Lake
    Dis Jolene, een laaste keer.
    Dis KLETS. KLETS Ep 257 Video · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    57 min
  • Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland
    Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard.

    Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog?

    Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of dalk kan betaal nie.

    In die klaskamers is onderwysers besig om 'n bedreigde spesie te word: minder mense voor die bord, meer koppe agter die lessenaars, en kwaai studente weet wie om te blameer.

    Teen 2066 kan die blankes glo slegs 2% van Suid-Afrika se bevolking uitmaak. 'n Statistiek wat sommiges as 'n waarskuwing lees, en ander as 'n rede vir Sannie om stil te lê in die naam van volk en vaderland.

    Dis Pandor en pype.
    Dis klaskamers en krisisse.
    Dis syfers wat vandag klink soos môre se probleem.

    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr 3 min
  • Dis Veiliger om te Sit
    Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug.

    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/

    Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang.

    STATS SA se nuutste syfers is uit, en die span vra die ou vraag met 'n nuwe draai: is dae soos vrouedag goed vir die geslagte, of net 'n ander manier om te sê "kyk, ons het probeer"?

    Colene en Matthys het vir 'n paar uur oorgeswaai na die ander kant van die tafel. Die uitslag: dis veiliger om te sit.

    Colene deel 'n staaltjie van haar Ouma Lettie, en Matthys wonder of mense oor 75 regtig 10 jaar op hul rybewys moet kry.

    Dis krag wat weg is en stort water wat terug is.
    Dis vrouedag en vrae sonder maklike antwoorde.
    Dis Ouma Lettie en 'n rybewys wat te lank hou.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    58 min

About KLETS

From the publisher's feed

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.

More shows like KLETS

Friday Night Comedy from BBC Radio 4 by BBC Radio 4

Friday Night Comedy from BBC Radio 4

2,111 Listeners

Focus on the Family Parenting Podcast by Focus on the Family

Focus on the Family Parenting Podcast

1,068 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

36 Listeners

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett by DOAC

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett

8,319 Listeners

TRIGGERnometry by TRIGGERnometry

TRIGGERnometry

2,154 Listeners

The Gareth Cliff Show by The Gareth Cliff Show

The Gareth Cliff Show

67 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

19 Listeners

The Mel Robbins Podcast by Mel Robbins

The Mel Robbins Podcast

18,833 Listeners

Radioteater by RSG

Radioteater

1 Listeners

Wat sê die Tannies by Afrikaans.Radio

Wat sê die Tannies

6 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners

'n Ma & 'n Mikrofoon by Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon

1 Listeners

My Neus in jou Besigheid by Afrikaans.Radio

My Neus in jou Besigheid

0 Listeners

Nagsê Here by Afrikaans.Radio

Nagsê Here

0 Listeners

Siel by Afrikaans.Radio

Siel

2 Listeners

Net nog enetjie by Maroela Media

Net nog enetjie

0 Listeners

The Relocated South African | Emigration stories by Jan Hugo - Emigration stories expert

The Relocated South African | Emigration stories

0 Listeners

Môre onder die Soeklig by Afrikaans.Radio

Môre onder die Soeklig

0 Listeners