KLETS

KLETS

Download on the App Store

KLETS episodes

  • Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder
    𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳.
    Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk.

    Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig te hou as om die mense te beskerm wat hulle betaal. Veiligheid is mos 'n prioriteit. Net nie joune nie.

    Dan skuif ons na die wêreldverhoog. Wit kruise word geplant in die agterplaas van die Withuis, en skielik is moord op 'n klein groep mense in Suid-Afrika op die grootste verhoog ter wêreld. Maar, natuurlik nie sonder 'g groot mate van kritiek nie.

    Die Madlanga-kommissie duur voort. Ons luister, ons knik… en ons wonder of ons werklik reg was om al die "waarheid" te wou hoor.

    Dis AK47's en agterplase.
    Dis ministers en lyfwagte.
    Dis kruise en kommissies.
    Dis die waarheid, of ten minste die weergawe wat ons kon hanteer.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr 2 min
  • Waaksaam, Welvarend en Windgat
    Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel, elke dag. Dit is die werklikheid.

    𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-260-waaksaam-welvarend-en-windgat/

    Johannesburg, Durban en Kaapstad is drie van die tien onveiligste stede op die planeet. Dit kom ook net weke na Vrouemaand, die maand toe GBV in byna elke gesprek gesit het. En toe, amper of dit vir bewyse gewag het, kom die nuus uit Ekurhuleni: die polisie ondersoek nou of nege vrouemoorde die werk van een persoon is.

    Ons het 'n wyle terug met Dr Micki Pistorius gesels oor presies wat 'n reeksmoordenaar definieer, en hierdie week luister ons na 'n gedeelte van daardie gesprek. 𝘓𝘶𝘪𝘴𝘵𝘦𝘳 𝘩𝘪𝘦𝘳 𝘯𝘢 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘰𝘭𝘭𝘦𝘥𝘪𝘨𝘦 𝘦𝘱𝘪𝘴𝘰𝘥𝘦 𝘮𝘦𝘵 𝘿𝙧 𝙈𝙞𝙘𝙠𝙞 𝙋𝙞𝙨𝙩𝙤𝙧𝙞𝙪𝙨 𝘩𝘪𝘦𝘳 - https://afrikaans.radio/klets/micki-vang-moordenaars/

    Maar 'n ander deel van die land presteer ook: Stellenbosch Universiteit het nou vyf lewende miljardêrs en 28 sentimiljoenêrs onder sy alumni, meer as enige ander universiteit in die land.

    Twee ranglyste. Twee soorte Suid-Afrika.

    En al die pad van Doha af, die veiligste stad op aarde, ontmoet ons vir die heel eerste keer ons "Brak van die week".

    Dis vrees en syfers.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    59 min
  • Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?
    Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie.

    𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/

    En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal.

    Verlede week is dit betaal deur SAPS K9 Sky, waar "ons kom nou-nou" haar lewe gekos het. Die ANC se "ons sal dit nou-nou doen" blameer nou die IEC na hul die deadline gemis het.

    En vir 30 jaar word ons, Suid-Afrikaanse burgers, deur die village gevra om verantwoordelikheid te vat, waar "African Time" stilbly en stil staan.

    Dis 'n village vol idiote.
    Dis tyd wat opgehou wag het.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    53 min
  • Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?
    Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans.

    𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/

    Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename in digitale bankmisdaad, en die ANC se nuutste plan om nóg 'n stuk te vat.

    KLETS ontwikkel 'n nuwe kriteria vir staatsamptenare, en as dit ooit in werking tree, is daar dalk hoop. Laat weet ons wat jy dink by die lys moet bygevoeg word. Stuur jou idees na [email protected].

    Dis Bokkoors en diefstal met 'n glimlag.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr
  • Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie
    Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/

    Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie.

    Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n rondte van "Naam, Van, Dier, Dorp". Trump wil Lake Ontario na Lake America doop, en dalk is dit nie 'n slegte idee met Kanada se Dildo, Moose Jaw en Wrong Lake nie.

    En vandag sê ons vaarwel vir Dolly Parton. ’n Stem wat generasies groot gemaak het, nou stil.

    Dis Lake America en This Lake, That Lake, en The Other Lake
    Dis Jolene, een laaste keer.
    Dis KLETS. KLETS Ep 257 Video · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    57 min
  • Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland
    Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard.

    Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog?

    Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of dalk kan betaal nie.

    In die klaskamers is onderwysers besig om 'n bedreigde spesie te word: minder mense voor die bord, meer koppe agter die lessenaars, en kwaai studente weet wie om te blameer.

    Teen 2066 kan die blankes glo slegs 2% van Suid-Afrika se bevolking uitmaak. 'n Statistiek wat sommiges as 'n waarskuwing lees, en ander as 'n rede vir Sannie om stil te lê in die naam van volk en vaderland.

    Dis Pandor en pype.
    Dis klaskamers en krisisse.
    Dis syfers wat vandag klink soos môre se probleem.

    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr 3 min
  • Dis Veiliger om te Sit
    Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug.

    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/

    Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang.

    STATS SA se nuutste syfers is uit, en die span vra die ou vraag met 'n nuwe draai: is dae soos vrouedag goed vir die geslagte, of net 'n ander manier om te sê "kyk, ons het probeer"?

    Colene en Matthys het vir 'n paar uur oorgeswaai na die ander kant van die tafel. Die uitslag: dis veiliger om te sit.

    Colene deel 'n staaltjie van haar Ouma Lettie, en Matthys wonder of mense oor 75 regtig 10 jaar op hul rybewys moet kry.

    Dis krag wat weg is en stort water wat terug is.
    Dis vrouedag en vrae sonder maklike antwoorde.
    Dis Ouma Lettie en 'n rybewys wat te lank hou.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    58 min
  • Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/

    Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig.

    Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds goedgekeur is. Maar watter emoji's gebruik Colene en Matthys die meeste? En wat verklap dit van hulle?

    In Gauteng stik die mense intussen aan besoedeling, en dis nie gas-heaters of slaggate se skuld nie, dis motors.

    En van motors gepraat: Queen Elizabeth het self gery, jare lank, sonder 'n "liksens".

    Dis eiendom en emoji's. Dis motors en 'n Queen wat voet in die hoek sit. Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr 5 min
  • Slange, Spuite en Sondige Sente
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-253-slange-spuite-en-sondige-sente/

    Iewers in China het 'n vloed 'n slangplaas oopgebreek, en nou is "swem met die plaaslike fauna" nie meer 'n opsie nie, dis 'n werklikheid.

    Ozempic maak jou skraler, sê die advertensies. Die nuutste studies belowe jou 'n paar ander verrassings wat niemand op die verpakking sit nie.

    Mel Viljoen soek nie volgelinge nie, sy soek geld, en het 'n Back a Buddy veldtog probeer om Peet uit die tronk te hou. Om haar te help kyk na opsies het ons gaan kyk wat OnlyFans creators in Suid-Afrika werklik verdien, vir ingeval sy 'n Plan B nodig het.

    Maar as jy in Kaapstad woon, moet liewer nie jou voëlsaad op die grond strooi nie, want blykbaar kan dit jou in moeilikheid laat beland.

    Dis slange en spuite. Dis 'n veldtog en 'n sak saad op die grond.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    54 min
  • Lyste en Lastige Goggas
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/lyste-en-lastige-goggas/

    Colene is terug van die Kaap.

    Party mense is 'n walking buffet vir muskiete, jou "bierpens" kan dit moontlik verduidelik. Maar dit klink darem onskuldig langs die vrou wat agterkom sy het 38 parasiete in haar brein gehad. Dis nie 'n getal nie, dis 'n houseparty. Het jy al gesonder waar bly die meeste vrouens? Colene bring die stats.

    Elders klim twee waaghalse vrywillig, met hul eie twee bene, sonder 'n lift, die hele Empire State Building. Maar in Suid-Afrika word punte vir slegte gedrag afgetrek onder die nuwe demerit system, en die vraag is wie eintlik die swaarste pad loop.

    Voor kickoff het die Bokke 'n secret weapon, en dis nie net Rassie se poker face nie.

    En dan jou selfoon: dit hou jou nie net wakker nie, dit vorm jou liggaam. Jou nek weet.

    Dis Bokke en bloedsuiers.
    Dis selfone wat jou stilletjies verander.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr 4 min

About KLETS

From the publisher's feed

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.

More shows like KLETS

Friday Night Comedy from BBC Radio 4 by BBC Radio 4

Friday Night Comedy from BBC Radio 4

2,102 Listeners

Focus on the Family Parenting Podcast by Focus on the Family

Focus on the Family Parenting Podcast

1,072 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett by DOAC

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett

8,394 Listeners

TRIGGERnometry by TRIGGERnometry

TRIGGERnometry

2,152 Listeners

The Gareth Cliff Show by The Gareth Cliff Show

The Gareth Cliff Show

68 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners

The Mel Robbins Podcast by Mel Robbins

The Mel Robbins Podcast

19,155 Listeners

Radioteater by RSG

Radioteater

0 Listeners

Wat sê die Tannies by Afrikaans.Radio

Wat sê die Tannies

6 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners

'n Ma & 'n Mikrofoon by Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon

0 Listeners

My Neus in jou Besigheid by Afrikaans.Radio

My Neus in jou Besigheid

0 Listeners

Nagsê Here by Afrikaans.Radio

Nagsê Here

0 Listeners

Siel by Afrikaans.Radio

Siel

2 Listeners

Net nog enetjie by Maroela Media

Net nog enetjie

0 Listeners

The Relocated South African | Emigration stories by Jan Hugo - Emigration stories expert

The Relocated South African | Emigration stories

0 Listeners

Môre onder die Soeklig by Afrikaans.Radio

Môre onder die Soeklig

0 Listeners