Unleash Your Potential

Kom ons gee mekaar ’n bietjie rus en vrede


Listen Later

Selfsorg sluit die gesonde gewoonte van rus en ontspanning in. Het jy al daaraan gedink dat as jy jou naaste lief het, jy hulle ook hierdie vorm van selfsorg moet toelaat en hulle moet help om te rus? Ja, naasteliefde sluit in dat gelowiges mekaar hierin repekteer en dit vir mekaar fasiliteer.

Lynette Beer verduidelik hoe dit deesdae vir mense harde werk is om tot rus te kom. Dis egter nie God se plan nie! Ware rus is nodig vóórdat ’n mens gaan werk en impak gaan maak in die wêreld. Die verskil wat jy maak, sluit in dat jy Jesus se voorbeeld oor voldoende rus navolg en vir ander mense aangee.

Daar is vier beginsels waarvolgens jy jou eie rus moet beoefen. Hierdie beginsels is die fondasie van jou respek vir ander mense se rustye en hoe jy hulle hierin ondersteun. Omdat mense verskillende temperamente het, gee Lynette ten slotte ’n paar praktiese planne hoe ons mekaar se laste binne haar Vierkleurtemperamentmodel kan ligter maak.


Chapters:

00:00-03:32 Rus is goed vir ons, maar skep stres en probleme

03:33-10:42 God se ritme van eers rus en dan werk

10:43-16:02 Beskerm en koester jou kosbare rustye volgens vier beginsels

16:03-19:51 1. Vier die Sabbat as die begin van jou werksweek

19:52-24:08 2. Respekteer die waarde van slaap en pas ’n slaaproetine toe

24:09-29:29 3. Onthou dat rus vir blydskap sorg

29:30-35:16 4. Sorg vir oop kommunikasiekanale met die Here

35:17-41:11 Praktiese maniere hoe die verskillende temperamente mekaar se laste kan ligter maak

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Unleash Your PotentialBy Lynette Beer