Kosmos 94.1 Landbou

Kosmos 94.1 Landbou

By Kosmos 94.1ScienceNatural Sciences
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Landbou episodes

  • Jongste oor grondonteiening in SA
    Die Suid-Afrikaanse parlementêre ad hoc-komitee oor Artikel 25 van die Grondwet het begin met beraadslaging oor grondonteiening sonder vergoeding. Die komitee se opdrag is om die proses te hanteer wat die Grondwet moet verander sodat voorsiening gemaak word dat grond sonder vergoeding onteien mag word. Die komitee sal na verwagting die wetsontwerp oor die grondwetwysigings teen 19 Maart aanvaar. Die bekende Landbou Ekonoom Dr Kobus Laubscher...
    5 min
  • Paul Klein gesels oor veiling pryse
    Pryse vir lewendehawe het oor die algemeen skerp gestyg oor die afgelope maande, wat volgens kenners, deur tekorte in kudde gedryf is. Die impak van inperkings het ook ‘n invloed gehad en die verbruiker gaan op die oomblik gebuk onder baie hoë vleispryse. Ons sluit vanoggend aan by Paul Klein, die Algemene Bestuurder van Agra Veilings om meer in diepte hieroor te gesels.
    10 min
  • Entstof vir snotsiekte word ontwikkel
    In samewerking met die Moredun Instituut in Skotland sal Onderstepoort in Pretoria ‘n entstof ontwikkel vir kwaadaardige katarrale koors, bekend in omgangstaal as snotsiekte. Die bekende Veearts, Dr Peter Oberem sê die virale siekte word oorgedra deur swart en blou wildebeeste. Beeste in die omgewing van siek diere sal simptome binne 'n maand na blootstelling begin toon. Hy is ons gas vanoggend...
    7 min
  • Boere kan hulp vra met paaie
    Die Paaie Owerheid het hulle hande vol gehad met goeie reën wat talle paaie, en veral grondpaaie regoor die land beskadig het. Hoe lyk dinge in jou gebied en is daar hulp? Hileni Fillemon, Korporatiewe Woordvoerder by die Owerheid is ons gas... Hileni, what can farmers do with roads that are still badly damaged in their area?
    2 min
  • Kenner gesels oor moontlikhede vir Neckartal-besproeiing
    Nuus dat Neckartaldam, wat op die oomblik vol is, totaal onbenut lê het Namibiërs regoor die land ontstel. Die regering het nie begroot vir die 5 000 hektaar se besproeiingsaanleg nie en dus, kan dit nie op die oomblik ontwikkel word nie. Maar, sou dit moontlik wees, veral met die ekstreme klimaat in daardie gebied, wat is alles moontlik? Ons gas is ‘n kenner in die gebied van akkerbou, Andries Theron van Graan SA gesels saam.
    11 min
  • Agribank besoek sy kliënte
    Agribank het kliënte van beide sy lenings sowel as opleiding wat hy bied regoor die land besoek. Van die boere ontvang ook mentorskap van boere in die omgewing. Erastus Ngaruka, die bank se Tegniese Adviseur vir Lewendehawe en Akkerbou het pas teruggekeer. Hy is ons gas.
    5 min
  • Boer is harde werk, boer is lekker, boer is belangrik
    Elize Eliphas is ‘n kommersiële boer in naby Maltahöhe. Sy is deur Agribank gekies as ‘n begunstigde van ‘n lening en word ook ge-mentor deur die bank. Eliphas, 32, het vroeg-vroeg begin boer toe sy op 14 haar suster moes bystaan in die Kavango Oos-streek. Sy sê mense moet nie boerdery as ‘n lyn vir swak akademiese presteerder ag nie... Sy deel haar storie vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus...
    4 min
  • Meatco gesels oor sy 2021 strategie vir verkryging
    Meatco het sy verkrygingstrategie vir 2021 aangepas en bekend gestel. Volgens die maatskappy, sal daar aankope in kommunale gebiede ook gedoen word om sodoende aan uitvoer kwotas te voldoen. Daar is op die oomblik baie groot uitdagings vir die abattoir as gevolg van lae kudde getalle en diere word ook uit Botswana ingevoer. Rosa Hamukuaja-Thobias Meatco se Korporatiewe Betrekkinge Bestuurder gesels vanoggend hieroor...
    7 min
  • Wat gaan in jou voerkrip?
    Voerkripbestuur behels die evaluering van diere se vreetgewoontes, met inagneming van die onderskeie faktore wat hul inname beïnvloed. Die primêre oogmerk met voerkripbestuur is die daaglikse, konstante voorsiening van ’n homogene, gebalanseerde rantsoen in voldoende hoeveelhede. Die tweede doelwit is om ’n ideale rumenomgewing te skep wat optimale produksie sal verseker, hetsy die produk vleis of melk is. Francois Jones, Nutrifeed se Tegniese Adviseur vir die Sentraal Suidweste.
    7 min
  • Noordelike Kleinvee veiling op pad
    Dis weer tyd vir die Noordelike Kleinvee Produksieveiling wat Vrydag 19 Maart by die Agra Veilingskrale on 11-uur in Otjiwarongo plaasvind. Andre Horn, ‘n produsent wat self deelneem en ‘n paar diere op aanbod het, gesels vanoggend meer breedvoerig oor die aanbod.
    3 min

About Kosmos 94.1 Landbou

From the publisher's feed

Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.