Portfolium

Kuns met kontant 15 Oktober 2025


Listen Later

Deel 1: Lianie May vertel vir die eerste keer dat sy en haar man drie kinders aangeneem het toe hulle klein was. Vandag is hulle volwassenes, en die paartjie voel trots en dankbaar om uiteindelik dié deel van hulle lewensverhaal te deel. Henco Kruger en Lianie May gesels ook oor haar ander groot passie — boerdery. Weeksdae werk sy voltyds saam met haar man op hulle plaas, waar sy met verstommende kennis oor landbou praat, van vee tot kontantvloei. Oor naweke verruil sy haar werkstewels en khakiklere vir verhoogskoene, wanneer sy weer die sangeres word wat gehore regoor die land bekoor. Sy vertel hoe hulle oor geld dink, hoe die plaas se finansies bestuur word, hoe haar musiekloopbaan as ’n besigheidsmodel funksioneer, en hoe dié finansiële beginsels deur die jare aan hulle drie kinders oorgedra is.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

PortfoliumBy Portfolium Fund Services