Portfolium

Kuns met kontant 24 September 2025


Listen Later

Deel 2: David Kramer vertel van sy reis van Worcester se stofstrate tot internasionale verhoë. Hy praat openlik oor ’n ernstige longsiekte wat sy energie beperk en sy fokus na ander prioriteite verskuif het. Hy gesels oor herinneringe aan sy tekstielstudies by die Universiteit van Leeds en as fabriekswerker voordat sy eerste langspeelplaat kultusaanhang in die Kaap geniet het, ondanks die SAUK se verbanning van sy musiek. Hy vertel hoe slim hy sy Volkswagenmikrobus-advertensies onderhandel het (ongewone hoë fooie in daardie die tyd én elke tweede jaar ’n nuwe bus ontvang het) en dié inkomste in aandele en eiendom belê het om uiteindelik ’n huis af te betaal. Hy vertel ook van sy rooi velskoene, en hoe hy geld daaruit gemaak het, asook van sy familieherkoms uit Litoue, hoe sy van na Kramer verander is, en dat “Onnerwater” sy allergunsteling lied van hom is.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

PortfoliumBy Portfolium Fund Services