Ons is nie tevrede (en behoort ook nie tevrede te wees) met swak kwaliteit produkte of diens nie, maar ons kan ook nie tevrede wees met ’n swak kwaliteit geestelike lewe nie. Kom ons doen kwaliteitsbeheer en lewe gedissiplineerd. Laat toe dat die Heilige Gees jou hart deursoek en deurgrond en jou lei op die pad wat eer aan ons Vader in die hemel, die Seun aan sy regterkant en die Heilige Gees in ons harte bring.