100.5fm Nuus Klankgreep

Lewenslank vir man wat sy ouma vermoor


Listen Later

Jay Peters (27) is deur die Nelspruit-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy ouma, Susanna Kilmister (68). Dit volg op Peters sy skulderkenning op die moord wat op 28 Februarie 2022 op Cromdale buite Mbombela gepleeg is, waar hy by sy ouma gewoon het. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het 'n hewige rusie tussen Peters en sy ouma tot 'n gewelddadige aanranding geëskaleer wat tot haar dood gelei het. Peters is dieselfde dag in hegtenis geneem en is in aanhouding sedert hy sy borgtogaansoek laat vaar het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

100.5fm Nuus KlankgreepBy 100.5FM Radio Laeveld