Afrikaanse Program: Luister na die opname van die diens wat ons gaan hou het, die oggend van die 1 Maart 2020, by die Burgershoop Gemeenskapsaal in Krugersdorp. Toe ek en my span om die hoek gery kom in die straat waar die saal was het ek iets gewaar. Daar was 'n woonstelblok (een op die foto) oorkant die pad van die saal. Ek het dadelik vir my span gesê dat dit was die woonstel blok wat ek 19 jaar terug vir die 1st keer werklik 'n opmoeting met die Koning gehad het. Ek het vir hulle vertel dat dit was 'n koue Saterdagaand toe ek by daai hekke in gestap het. Ek het in die woonstel van my oudste seun Ruan se ma Carmen in gestap. Ek was baie kwaad en ek wou vir Carmen baie seer maak. Ek en my makkers van daai jare het beplan om haar te vermoor. Ek was oorweldig van dankbaarheid teenoor my Pappa Vader vir dit wat Hy oor die laaste 19 jaar in my en Carmen se lewens kom doen het. Ons Pappa God het ons gehelp om mekaar te versoen nadat ons albei met Hom versoen het. Soveel so dat dit Carmen was wat die diens gereël het in die gemeenskapsaal. Ja jy lees reg sy het die saal gehuur regoor die woonstelblok waar ek haar 19 jaar terug baie seer wou maak.