100.5fm Nuus Klankgreep

LUR beloof nuwe skool vir Naas


Listen Later

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê onderrig sal vandag hervat by Siboshwa Primary, na dit die afgelope week ontwrig is deur gemeenskapslede. Inwoners van Naas in Nkomazi het onder meer ingange na die area afgesper om aan te dring dat ‘n nuwe skool gebou word. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het gisteroggend met die skool se beheerliggaam vergader en ‘n plan voorgelê waarvolgens die konstruksie van ‘n nuwe skool in die 2026/27 finansiële jaar sal begin. Intussen besoek die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, vandag Mbombela. Sy sal met die provinsiale regering vergader om sleutelkwessies in die provinsie se onderwyssektor aan te spreek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

100.5fm Nuus KlankgreepBy 100.5FM Radio Laeveld