Mannetjiesvrou

Mannetjiesvrou

By Angie Gallagher, Candess Kostopoulos, Christi Kruger, Phia SmitHealth & FitnessSexuality
Download on the App Store

Mannetjiesvrou episodes

  • Episode 1: Hoe gemaak met homofobie?

    Ná maande se stilte herrys Mannetjiesvrou soos Letserus. Luisteraars, ons is terug en ons duik sommer op die daad diep met ’n gesprek oor homofobie. Hoe kan die lesbiër haar staal vir homofobie, hetsy dit mikroaggressies is, of ernstiger homofobiese gedrag?

    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Luister na Angie Oeh se debuut-EP, Sex in Afrikaans: https://ffm.to/sexinafrikaansep 

    Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

    1 hr 1 min
  • Episode 8: Daar onder lê vier pikkewyne – ’n gesprek oor vulvas

    In episode 8 van Mannetjiesvrou kyk ons na die klitoriskappie, die skaamheuwel, die labia majora en minora en al die ander aspekte van ons oogappel, die vulva. Ons praat sonder doekies omdraai oor menstruasie, afskeidings en die skaamte wat baie mense het oor hulle skaamdele. Voor julle nou alles wat ons sê vir soetkoek opeet (want ons is allermins medici), gaan loer ook asseblief hier:

    Meer oor die bou van die vulva en vagina: https://www.lunette.com/pages/anatomy-101

    The Vulva Gallery: https://www.thevulvagallery.com/

    Die interne bou van die klitoris: https://www.theguardian.com/commentisfree/2016/sep/15/3d-model-clitoris-sexual-revolution-sex-education-womens-sexuality 

    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    58 min
  • Episode 7: Mishandeling in selfdegeslagverhoudings

    In episode 7 bespreek ons ’n onderwerp waaroor daar gans te min gepraat word. Mishandeling in selfdegeslagverhoudings kom baie meer algemeen voor as wat die meeste mense mag dink – ons kyk onder andere na wat die gevaartekens is en waarom LGBT-mense dikwels huiwerig is om mishandeling aan te meld.

    As jy met iemand wil praat, kontak gerus die kundige en bekwame organisasies hier onder:


    Triangle Project

    Webwerf: https://triangle.org.za/contact/

    Hulplyn: 021 712 6699


    TEARS Foundation

    Webwerf: https://www.tears.co.za/get-help-now/

    Hulplyn: *134*7355#


    POWA

    Webwerf: https://www.powa.co.za/POWA/get-help/

    Hulplyn: 076 694  5911


    Gender-Based Violence Command Centre

    Webwerf: https://gbv.org.za/contact-us/

    Hulplyn: 0800 428 428


    Stop Gender Violence Helpline: 0800 150 150


    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    54 min
  • Episode 6: Rabbedoe, rabbedoe

    Saartjie Baumann, Kobie van Maasdorp en 7de Laan se Wilmien is almal voorbeelde van wat in die volksmond bekend staan as ’n rabbedoe. Ons betrag dié maltrap vanuit alle hoeke en wonder hoe sy so geliefd geraak het in die Afrikaanse popkultuur.

    Ons deel ook opwindende nuus oor ’n baanbrekerboek waartoe ons bygedra het. Bestel Skeef – Wat jy van LGBTIQ-wees wil weet deur Renaldo Schwarp hier: https://www.loot.co.za/product/renaldo-schwarp-skeef/kjhj-7418-g520.

    Skeef is van 1 September op die rakke – moenie vergeet om jou storie oor rabbedoes met ons te deel om in aanmerking te kom om ’n kopie van die boek te wen nie!

    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    50 min
  • Episode 5: Hooftrekke uit die voorkamer

    Ná ’n lang tydperk van stilswye, bied ons ’n blik op die afgelope paar weke.

    In geen chronologiese volgorde nie, hoor jy onder andere van okkultiese koekdriehoeke, die pes, palliatiewe sorg met behulp van vibrators, spieratrofie, die Satisfyer Pro 2 en A Little Life (deur Hanya Yanagihara). Maak ’n teetjie en kom sit.

    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    54 min
  • Episode 4: My Sarie Marais is so ver van my hart

    In episode 4 van Mannetjiesvrou bespreek ons die lank en die kort van langafstandverhoudings. Hoe laat die lesbiërs in langafstandverhoudings dit werk? Hannelie Otto en Janita Botha deel hul ervaring.


    Mannetjiesvrou – leer jou les.


    Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    52 min
  • Episode 3: Die lesbiër en geestesgesondheid

    In hierdie episode van Mannetjiesvrou praat ons oor hoe geestesgesondheid en veral depressie en angs die lesbiër se lewe kan beïnvloed.

    Indien jy met iemand wil gesels oor jou eie geestesgesondheid, kontak gerus die organisasies hier onder.


    Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (SADAG)

    • https://www.sadag.org/
    • 0800 456 789 / 0800 567 567

    • Sien ook ’n lys van organisasies in jou provinsie hier. 


      Mannetjiesvrou – leer jou les.

      Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

      1 hr 1 min
    • Episode 1: Queer wees by die werk

      Welkom terug in die voorkamer van die lesbiër! In episode 1 van die tweede reeks van Mannetjiesvrou praat ons oor uit wees by die werk. Is dit nodig dat jou kollegas moet weet van jou seksuele oriëntasie – en is daar 'n spesifieke manier waarop queer mense moet uitkom in 'n professionele omgewing? 

      Mannetjiesvrou – leer jou les.

      Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”


      53 min

    About Mannetjiesvrou

    From the publisher's feed

    'n Potgooi vir die Afrikaanse lesbiër.