Of jy daarvan hou of nie, jou kind word groot in die digitale era van toepassings. Die goeie nuus is egter dat toepassings ontwerp en ontwikkel word, juis met jou kind se groei ingedagte. Ettienne Lucick kyk na 'n paar kindervriendelike toepassings in Afrikaans, wat daarop gemik is om te help met kinders se vroeë ontwikkeling.