Soos die wêreld verander en tegnologie 'n groter rol in ons professionele lewens speel, kan ons ons werk op bykans enige plek doen. Daar is nou sogenaamde samewerkingspasies, wat vir almal toegangklik is, of jy vryskut werk doen, of net van die kantoor af wil wegbreek. Hierdie omgewings is geskep om jou gemaklik en doelgerig te laat werk. Martin Headger het by Samantha van Londen van OPEN gaan uitvind hoe hierdie spasies werk.