Ons hoor gereeld van nuwe infrastruktuur en tegnologie wat ontwikkel word, maar ons weet nie wat die impak daarvan op ons lewe sal wees nie. Die jongste is 5G-tegnologie. Martin Headger het met die die tegnologieredakteur van My Broadband, Jan Vermeulen, gepraat om te hoor wat 5G-tegnologie is en wat dit vir die wêreld beteken.