Dis moeilik genoeg om nie mooi te kan sien of praat nie, en wanneer alles digitaal is en kommunikasie baie belangrik is, word dit nog moeiliker. Spraaksintese-tegnologie maak alles baie makliker. Aby Louw, 'n navorser en ontwikkelaar by die WNNR, het aan Martin Headger verduidelik wat spraaksintese-tegnologie is, en hoe dit werk.