Sowel sosiale media as netwerkgeleenthede is deesdae gonswoorde. Om goeie verhoudings met kliënte te bou is nie slegs tot besighede beperk nie, 'n mens kan hierdie vaardighede in ander dele van 'n mens se lewe ook toepas. Björn Salsone is 'n netwerkafrigter wat met Martin Headger gesels het oor netwerkafrigting, en hoekom dit belangrik is om goeie verhoudings te bou en te behou.