Noleen Matthews is soos enige ander vrou wat hou van lang lokke. Dames verkies deesdae ekstra lengte, en danksy haarverlengings kan hierdie droom verwesenlik word. Sue Pyler het Pretoria toe gery en met Noleen gaan gesels om uit te vind hoe al die dames sulke lang blonde hare bekom.