Stel jou voor die ligte in jou sitkamer gaan vanself aan sodra jy by die vertrek inloop. Of jou bedlampie gaan stiptelik om nege uur aan want dit weet dis jou bedtyd. Dit klink dalk verregaande en soos iets wat jy in 'n wetenskapfiksiefliek sal sien, maar vandag is huis-outomatisering amper alledaags. Christelle van Tonder gesels met Francois Groenewald, 'n rekenaarfoendie, oor hoe huis-outomatisering werk.