Die akteur, David Louw, het gesien dat daar geen verandering in sy liggaam is nie, ná maande se harde oefening. Hy vind toe dat die kos wat hy eet, nie geskik is vir sy bloedgroep nie. Hy deel sy storie met Sue Pyler op die laaste dag van Movember. Hy spoor mans aan om te gaan vir die nodige toetse.