Agter elke skoonheidskroon is daar iemand wat die prinses aangetrek het. Werner Wessels die stylis van Melinda Bam, Rolene Strauss en die nuutgekroonde Mej Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters. Christelle van Tonder het met Werner gesels kort na sy reis na New York saam met Demi-Leigh, oor hoe hy klere kies vir van die mooiste vroue in die wêreld.