Daar is beroepe waarvan ons almal weet soos onderwysers, ingenieurs, loodgieters en klerke. Maar het jy al gehoor van 'n metroloog, of iemand wat koffie proe of parfuum ruik vir 'n lewe? Daar is 'n hele paar vreemde of ongewone beroepe in die wêreld. Martin Headger het by Jan Vermeulen, tegnologieredakteur van MyBroadband, gaan hoor van die ongewone werk wat sommige mense doen.