In antieke Egipte het die mans naelpolitoer gedra. Vandag is dit meestal net vroue wat hulle naels versier. Jy kan deesdae kunswerke op jou naels kry -enige prentjie wat jou hart begeer. Christelle van Tonder het by Shanel du Plessis, 'n professionale naelkunstegnikus, gaan hoor wat naelkuns alles behels.