Jy het elke dag meer as 60 000 gedagtes. Dan word jy nog gebombardeer met inligting op die die internet, sosiale media, radio en televisie. Is dit moontlik om alles in te neem, of kan jy net op een idee of gedagte op 'n slag fokus? Wat sal gebeur as jy vir vyf minute stil kan sit en bewus word van daardie oomblik, bewus word van jou lyf en aan niks dink nie. Kliniese sielkundige Nico Brink gebruik bewustheidsgebaseerde terapie.