Masjiene leer, die internet van dinge en sosiale media is vir sommige mense oorweldigend en om heel eerlik te wees maak dit sommiges eintlik bang. Ons probeer kinders kry om minder tyd op technologie te spandeer en sien die internet as sleg, maar tog is dit die toekoms en die internet en tegnologie gaan verseker nie weg gaan die. So is die volgende groot ontwikkeling stem tegnologie. Een van die grootste maatskappye in die wereld, Amazon, het 4 jaar gelede 'n luidspreker ontwerp met die naam Alexa. Alexa kan enige iets doen en antwoord wat jy vir haar vra. Christelle van Tonder het met Pieter Geldenhuys gesels oor die tegnologie. Pieter is 'n bekende futuris, akademikus en innovasie kundige.