Bewaringsboerdery is 'n noodsaaklikheid as jy as graan- of skaapboer wil oorleef. So sê MG Lotter van die plaas De Vlei buite Caledon. Lotter en Sakkie Rust wat by Riebeeck-Wes en Tulbagh boer, vertel vir Lizma van Zyl van die voordele van die relatief nuwe praktyk, veral gegewe die droogte. Die twee boere maak ook hulle harte oop oor die uitdagings wat boere te bowe moet kom, en die noodsaaklikheid van ondersteuning.