Boere in die droogtegeteisterde Wes-Kaap baat al hoe meer by 'n plan om hulle boerdery meer klimaatslim en veerkragtig te maak. Die omvattende plan, bekend as SmartAgri, is ook van toepassing op boere elders in die land wat hulleself in soortgelyke omstandighede bevind. Lizma van Zyl praat met dr. Ilse Trautmann en prof. Stephanie Midgley oor die noodsaaklike hulpmiddel vir die landbousektor.