Meer as 60% van die wêreld se fynbos kom net in Suid-Afrika voor. Dit maak sowat 80% uit van die sowat 8,700 plantspesies wat hier voorkom. Lizma van Zyl praat met 'n kenner oor die bedreiging wat klimaatsverandering vir die Kaapse blommeryk inhou, en wat gedoen kan word om die fynbos te bewaar.