Hulle sê jy kan nie appels met pere vergelyk nie, en in die landbousektor is dit net so waar. Appels benodig koue eenhede om te kan groei, so die vrug word erger geraak deur stygende temperature weens klimaatsverandering. Lizma van Zyl praat met prof. Wiehann Steyn van Hortgro Science oor die vooruitsigte vir Suid-Afrika se appelbedryf.