Die omvang van die sogenaamde Vierde Industriële Revolusie (4IR) waarin ons onsself nou bevind, strek veel wyer as blote slim- en konnektiewe toestelle, masjiene en stelsels. Die 4IR mik na 'n versmelting van die fisiese, digitale en biologiese wêrelde. Die uitwerking hiervan op die landbousektor is niks minder nie as revolusionêr. Lizma van Zyl praat et twee kenners oor wat hierdie revolusie is, en hoe boere dit in die lig van klimaatsverandering vir hulle kan laat werk.