Wêreld Hartdag word elke jaar op 29 September gehou, en is daarop gemik om mense bewus te maak van kardiovaskulêre gesondheid. Die tema van vanjaar se dag is JOU HART, MY HART, en moedig mense aan om meer aktief te wees. Ettienne Ludick kyk na drie maklike oefeninge wat jy in jou huis of kantoor kan doen om jou hart aan die pomp te kry.