Die sportwêreld span die heeltyd nuwe tegnologie in om toerusting sterker of ligter of beter te maak om vertonings te verbeter. Hoewel koolstofvesel reeds sedert die laat jare vyftig 'n opsie is, het die gebruik daarvan in sport eers laat in die jare negentig goed posgevat. Ettienne Ludick praat David Maree oor koolstofversel in fietse en die onlangse toetse oor die gebruik van die vesel in basketbalskoene.