Motorfietsresies word dikwels beskryf as 'n sport vir mans, maar daar is vroue wat hulle beslis nie hieraan steur nie. Christelle van Tonder het by die professionele Motocross-atleet, Nanda Clowes, gaan kuier waar sy besig was om te oefen. Nanda se pa het haar as 'n tiener aan die sport blootgestel. Sy verduidelik vir Christelle van Tonder wat Motocross is.