Frankryk het die Eiffeltoring, Indië die Taj Mahal en Rusland St. Basil's Katedraal - elkeen met sy eie ryk geskiedenis wat toeriste van dwarsoor die wêreld trek. Een van die wêreld se bekenste landmerke is die Statue of Liberty in New York. Christelle van Tonder vertel ons meer van hierdie beeld en wat dit vir Amerikaners beteken.