Ultraklank, of ultrasound, is 'n tegnologie wat voortdurend ontwikkel. Dit is eers in oorloë gebruik, en het later toepassing in die mediese veld gekry. Martin Headger het by Barbara van Dyk van die Departement Mediese Beeldvorming en Stralingswetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg, meer gaan uitvind oor hierdie tegnologie.