Ons het onlangs bydraes gehad oor die impak wat TV-kyk en die kleur van jou slaapkamer het op die kwaliteit slaap wat jy kry. Vandag gee ons vir jou 'n paar wenke, wat ook bekend staan as slaaphigiëne, om 'n goeie nagrus te verseker. Christelle van Tonder gesels hieroor met dr. Maurits Kruger van Skin Renewal in Parkurst, Johannesburg.