Dit is normaalweg die alledaagse huishoudelike toestelle soos 'n ketel, mikrogolfoond, stoof, oond en broodrooster wat die grootste verbruikers van elektrisiteit is. Hier is 'n paar wenke om elektrisiteit te bespaar, veral in die winter wanneer verbruik oor die algemeen hoër is in Suid-Afrika.