Die Goethe-Instituut in Johannesburg fokus nie net daarop om mense aan Duits bloot te stel nie, maar ook om die Duitse-kultuur met ander te deel. Met hulle nuwe biblioteek bied hulle veel meer as net boeke aan, en Nicole Meyer het aan Martin Headger verduidelik wat daar alles in die biblioteek is.