Het jy dit al oorweeg om jou eie besigheid te begin? Het jy 'n idee wat die potensiaal het om vir jou 'n ekstra paar duisend rand 'n maand in die sak te bring? Wat keer jou om dit te doen? Vrees? Onsekerheid? Christelle van Tonder was by die Kleinsake-ekspo in Johannesburg waar Jannie Rossouw, hoof van Sanlam se Besigheidsmark, 'n praatjie gegee het. Hy het sy toespraak afgesluit deur te sê: Klein besighede dra die Suid-Afrikaanse ekonomie.