Daar is al baie oor hidrobreking, of fracking, in die media geskryf en gepraat, maar presies wat is dit? Christelle van Tonder het gaan uitvind by dr. Stefan Cramer van Duitsland, Hy is afgetree, woon die afgelope drie jaar in Suid-Afrika, en doen navorsing oor hidrobreking in die Karoo.