Maak jy voorsiening vir die uitgawes wat met die vakansie en kersseisoen gepaard gaan deur die verloop van die jaar, daarvoor te spaar? Of maak jy skuld en sit dan in Januarie met jou hande in jou hare oor al die geld wat jy uitgegee het, maar nie eintlik gehad het nie? Sue Pyler praat met skuldberader Wikus Olivier oor hierdie verskynsel en wat ons kan doen om op verantwoordelike manier die dei vakansieuitgawes te kan dek.