Mense doen dit vir pret, oefening of neem dit baie ernstig op, en beskou dit as deel van hulle leefstyl. Ons praat van joga wat die afgelope paar jaar baie gewild in Suid-Afrika geword het. Sue Pyler het besluit om meer oor joga uit te vind deur met instrukteur, Lea Vivier te gesels. Sue het haarself na die geselsie in 'n paar vreemde posisies bevind...