Die tegnologie wat deesdae beskikbaar is om mense se lewe te vergemaklik, het geen einde nie. Iets wat die vervoerbedryf drasties sal verander, is selfaangedrewe motors. Verskeie maatskappye is besig met toetse vir selfaangedrewe taxis. Martin Headger het meer oor hierdie tegnologie gaan uitvind.