Sommige kunstenaars maak nie gedruik wit skilderdoeke om kuns te maak nie. Hulle gebruik eerder die mens se liggaam. Dit is die werk van Angie Schoombie, 'n liggaamskilderykunstenaar van Johannesburg. Die liggaam van haar model is haar doek waarop sy verf, en die model verander in 'n meesterstuk. Christelle van Tonder gesels met Angie oor hierdie kunsvorm en hoe lank dit haar vat om 'n model van kop tot tone te verf.