Van ons kan skaars ritme hou met ons voete, wat gepraat van dans en gimnastiek doen op dieselfde tyd. Dit klink dalk vir jou onmoontlik, maar daar is 'n dansvorm genaamd breakdancing waar bolmakiesies, wawiele en kopstande alles plaasvind op die maat van musiek. Christelle van Tonder het by Vouks, 'n professionele breakdancer, meer gaan uitvind van hierdie dansvorm.