Terrance April het onlangs die jongste vertoning van die Amerikaanse groep, BLUE MAN GROUP, by Montecasino se Teatro in Johannesburg bygewoon. Die spel van lig, klank en kleur is destyds deur Chris Wink, Phil Stanton en Matt Goldman in 1991 begin, en bekoor gehore steeds vandag. Die gehoor word op n verbeeldingstog geneem waar moderne tegnologie ingespan word om allerlei effekte te skep.