Abigail Potgieter is by geboorte gediagnoseer met spina bifida,'n spinale defek wat veroorsaak word deur 'n ruggraat wat nie korrek gesluit het nie. Die gevolg is dat Abigail nie sonder krukke kan loop nie, maar dit het haar nie gekeer om onlangs haar bestuurslisensie te kry nie. Haar motor is spesiaal vir haar aangepas, sodat sy slegs haar hande hoef te gebruik om te bestuur. Abigail verduidelik vir Christelle van Tonder hoe die motor vir haar behoeftes aangepas is.