Ortodonsie isdeel van tandheelkunde. Dit het te doen met die regstelling en die belyning van tande. Dr. Beukes, 'n ortodontis in Northcliff, Johannesburg, verduidelik vir Sue Pyler wat ortodonsie behels en die verskillende soorte behandelings wat daar is vir volwassenes en kinders. Hy vertel ook vir Sue hoe die draaidjies wat aan die tande vasgemaak word, werk.