Daar is sekere veilighiedsmaatreëls wat enige iemand wat met 'n vuurwapen werk, behoort te ken en toepas. Eerstens moet die vuurwapen weg van mense gerig word en slegs in veilige rigtings gemik word. Jy moet nooit jou vinger op die sneller hou nie. Onthou om altyd eers die wapen te inspekteer en seker te maak dat dit veilig is om te gebruik, en eers dan kan jy die vuurwapen gebruik. Christelle van Tonder het by Leo Prinsloo van The Edge Shooting Academy in Centurion gaan leer hoe om 'n pistool te laai.