Wanneer mense deesdae by 'n koffiewinkel instap, is die eerste vraag aan die kelner: “Het julle wifi?” Het jy al ooit gewonder hoe veilig is hierdie gratis diens? Christelle van Tonder het gaan uitvind by prof. Basie von Solms, direkteur van die Sentrum vir Kuberveiligheid in Johannesburg.